Die Lejweleputswa polisie het gewaarsku dat daar streng optree gaan word teeen mense wat noodsaaklike infrastruktuur beskadig.


Die polisie in die Lejweleputswa-distrik het gewaarsku dat hy streng gaan optree teen mense wat noodsaaklike infrastruktuur beskadig.

Dit volg nadat verskeie voorvalle aangemeld is waar mense kragkabels van Telkom, Eskom en munisipaliteite gesteel het.

Volgens kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, kan mense swaar gestraf en tot 20 jaar tronkstraf opgelê word vir dié soort misdaad.

Hy sê voorvalle waar die Matjhabeng-munisipaliteit se infrastruktuur beskadig is, het ook die afgelope tyd voorgekom.

Water- en rioolpype word doelbewus beskadig.

Van die ander voorvalle wat deur die polisie ondersoek word, is die beskadiging van staatsgeboue soos gesondheidsklinieke, biblioteke en gemeenskapsale.

“Onlangs het die gemeenskap buitebande gebrand en die teeroppervlak van ’n pad beskadig,” sê Thakeng.

You need to be Logged In to leave a comment.