Valke neem politici in hegtenis vir misbruik van geld

Vyf verdagtes, insluitend hooggeplaaste ANC-politici, is deur die Valke se Ernstige Korrupsie-ondersoekspan in hegtenis geneem.


Vyf verdagtes, insluitend hooggeplaaste ANC-politici, tussen die ouderdomme van 41 en 81 jaar is in die Vrystaat en Gauteng deur die Valke se Ernstige Korrupsie-ondersoekspan in die Vrystaat in hegtenis geneem.

Onder diegene wat Maandag (19/09) in hegtenis geneem is, sluit ’n voormalige HOD van die departement van sport, kuns en kultuur en twee voormalige munisipale bestuurders van die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit in.

Daar word beweer dat gedurende die tydperk van Januarie 2008 tot Desember 2010 geld aan die Brandfort Museum-projek, bekend as die Winnie Mandela-museum, deur die departement van sport, kuns en kultuur toegeken is.

Dié geld is misbruik en die diensverskaffers is aangestel sonder om die behoorlike verskaffings prosedures te volg.

Die projek is deur die departement van sport, kuns en kultuur in die Lejweleputswa-distriksmunisipaliteit gekoördineer.

As gevolg van hierdie bedrieglike aktiwiteite het die departement van sport, kuns en kultuur ’n totale verlies van meer as R700 000 gely.

Die saak is vir verdere ondersoek by die Valke aangemeld en die ondersoek het tot die inhegtenisneming van die verdagtes gelei.

Die verdagtes sal na verwagting vandag (21/09) in die Welkom-landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van bedrog, diefstal, oortreding van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies en die oortreding van die Wet op Munisipale Finansiële Bestuur. Kapt. Christopher Singo, skakelbeampte vir die Valke in die Vrystaat sê nog inhegtenisnemings word verwag.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.