Die Anco- 4-in-1 ultramarathon word vanjaar op 11 Maart aangebied.
Dit is die vyfde jaar dat dit in die Goudveld gehou word, en die derde jaar agtereenvolgens in Welkom self.
“Daar was ’n behoefte in die Goudveld en die Vrystaatse platteland vir ’n ultrawedloop,” sê Heidi McLaren, een van die organiseerders.
“In 2019 is die wedloop by Aldam aangebied. Die logistieke en finansiële uitdagings het dit egter genoodsaak dat die wedloop in 2020 na Welkom verskuif is.
“Langs die veilige sirkelroete van 16 km word aan hardlopers vier wedlope, asook ’n 5 km-familiestapgeleentheid, gebied,” sê McLaren.
Met die 48 km-, 32 km- en 16 km-wedloop, asook die nuwe 10 km-ontwikkelingswedloop, word iets vir elke atleet gebied.