AfriForum het die Matjhabeng- plaaslike munisipaliteit twee weke gegee om waterlekke in Welkom te herstel.
Dit volg ná maandelange watertekorte.
Inwoners van Welkom gaan al geruime tyd gebuk onder waterbeperkings, terwyl water daagliks in die strate verlore gaan weens talle waterlekke wat nie reggemaak word nie.
“Inwoners kyk magteloos toe hoe skoon water in die dorp se strate vloei, terwyl hul krane droog bly. Die Matjhabeng-munisipaliteit sny die watertoevoer daagliks om 17:00 af en stel dit eers om 05:00 die volgende oggend weer beskikbaar, wat groot ongerief vir die gemeenskap veroorsaak.”
– Christa Ikking, distrikskoördineerder van AfriForum vir die Hoogland-gebied
“Inwoners kyk magteloos toe hoe skoon water in die dorp se strate vloei, terwyl hul krane droog bly. Die Matjhabeng-munisipaliteit sny die watertoevoer daagliks om 17:00 af en stel dit eers om 05:00 die volgende oggend weer beskikbaar, wat groot ongerief vir die gemeenskap veroorsaak,” sê Christa Ikking, distrikskoördineerder van AfriForum vir die Hoogland-gebied.
“AfriForum het op Woensdag 16 April ‘n formele brief aan die Matjhabeng-munisipaliteit oorhandig, waarin die munisipaliteit 14 dae gegee word om die waterlekke in die dorp te begin herstel.
“Indien geen aksie teen Vrydag 2 Mei geneem is nie, sal AfriForum genoodsaak word om self die herstelwerk te begin aanpak en die kostes daarvan op die munisipaliteit te verhaal,” sê sy.
Jaco Grobbelaar, AfriForum se hoof vir sentraalstreek, en Ikking het verskeie waterlekke in Tempest-weg, Alma-weg en Kingstraat identifiseer en gemerk om die munisipaliteit te help om die probleem vinniger op te los.
Plaaslike ondernemings het reeds uit desperaatheid begin om self in te gryp.
Ben Regal, ‘n besigheidseienaar in Welkom en ook die ondervoorsitter van AfriForum se Welkom-tak, het op eie koste klampe aangeskaf om ‘n groot waterlek in Tempest-weg reg te maak.
Regal het meer as ‘n maand gelede die munisipaliteit om hulp gevra om water uit ‘n gat te pomp sodat die herstelwerk kan plaasvind, maar tot op hede is geen hulp gebied nie.
“Die liters water wat in ‘n waterskaarsgebied soos Welkom verlore gaan, is eenvoudig onaanvaarbaar,”
Ian Gouws, voorsitter van AfriForum se Welkom-tak
“Die liters water wat in ‘n waterskaarsgebied soos Welkom verlore gaan, is eenvoudig onaanvaarbaar,” sê Ian Gouws, voorsitter van AfriForum se Welkom-tak.
‘n Saak is reeds op Woensdag 9 April by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) ingedien oor die gehalte van inwoners se drinkwater.
Ná die uitslae van watertoetse op 7 April was daar bewys dat daar E. coli in die water is.