Twee verdagtes in hegtenis vir dwelmhandel in Welkom en Thabong

Lede van Operasie Vala uMgodi het ‘n 34-jarige vrou vir die handel in dwelms in hegtenis geneem, en dwelms met ‘n beraamde straatwaarde van R161 000 geskut.

'n 25-jarige man is in hegtenis geneem vir handel in dwelms in New Stands Informele Nedersetting in Thabong buite Welkom

Lede van Operasie Vala uMgodi het ‘n 34-jarige vrou vir die handel in dwelms in hegtenis geneem, en dwelms met ‘n beraamde straatwaarde van R161 000 geskut.

Sy is Sondag 29 Maart in  Mooistraat in Welkom se sentrale sakedistrik gevang toe lede van Vala uMgodi se se bekampings- en proaktiewe spanne ‘n soektog by Cash for Gold & Jewelleries Store uitgevoer het.

Die lede het beslag gelê op 450-gram Nyaope, 666-gram Chrystal Meth, 449-gram Mandrax, 151-gram Crushed Methcathinone [Cat], 163-gram Cat, 96-gram Rock, 498-gram Dagga en twee klein weegskale wat gebruik is om die dwelms te weeg. ’n Saakdossier van Handeling in dwelms is by Welkom-polisiestasie geopen

’n Saakdossier van handel in dwelms is by Welkom-polisiestasie geopen,” sê Lt Kol Thabo Covane, SAPD Korporatiewe kommunikasie en skakeling: Vrystaat.

Covane sê die klopjag het by ander geïdentifiseerde dwelmplekke voortgegaan en ‘n 25-jarige man is in hegtenis geneem vir die handel in dwelms in New Stands informele nedersetting in Thabong buite Welkom,” sê Covane.

Die polisie het op 171 vol Mandrax-tablette, 3 helftes en kwarte Mandrax, ritssluitplastiek wat fyngemaakte Mandrax bevat, 9 klein en 2 mediumgrootte ritssluitplastiek wat Chrystal Meth bevat gevind en daarop beslag gelê. Die totale gewig van Mandrax waarop beslag gelê is”

Die SAPD het beslag gelê op 171 vol Mandrax-tablette.

Die totale gewig van Mandrax waarop beslag gelê is, is 160,01-gram, terwyl die Chrystal Meth op 9,25-gram geweeg is. Nog ‘n saak van Handel in dwelms is by die Thabong-polisiestasie geopen.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.