Tydens ’n gesamentlike intelligensie-gedrewe operasie buite Odendaalsrus het vier gespesialiseerde polisie-eenhede beslag gelê op 2 180 liter van die landbougif Round Up ter waarde van R436 000.
Die polisie eenhede het inligting ontvang oor twee mense met ’n Nissan-bakkie en sleepwa wat vermoedelik gif oplaai.
Die gesamentlike operasionele span het op 11 Mei dié inligting opgevolg en het twee verdagtes met 95 dromme van 20 liter gif op ’n Nissan 1 ton-bakkie en ’n sleepwa aangekeer waar hulle op pad was na Welkom.
’n Ondersoek deur die polisie het die 20 liter-dromme met landbou-afrondingsgif gevind sonder behoorlike dokumentasie.
Die polisie het die bestuurder na sy woning in Monyakeng, Wesselsbron, vergesel waar nog 14 dromme van 20 liter gif gevind is.
Die twee 40-jarige verdagtes, albei van Monyakeng in Wesselsbron, word aangekla van die besit van vermoedelik gesteelde landbougif.
– Nonkululeko Ngubeni