Twee mans wat Werkloosheidsverserkering bedrog wou pleeg is tot drie jaar gevonnis, wat in geheel vir vier jaar opgeskort is op voorwaarde dat hulle nie aan dieselfde oortreding skuldig bevind word gedurende die tydperk van skorsing nie.Hulle is ook vir twee jaar onder korrektiewe toesig geplaas.

Hawks

Ofentse Leeuw (23) en Andiswa Ntswabe (23) is Maandag 6 Mei tot drie jaar gevangenisstraf gevonnis.

Hulle het in die Welkom-streekhof verskyn.

Die vonnisoplegging spruit voort uit ’n voorval, wat op 21 Julie 2023 plaasgevind het.

Leeuw en Ntswabe het met verskeie vervalste dokumente by die departement van arbeid se kantore in Welkom opgedaag en gepoog om geld in ’n bankrekening te laat inbetaal.

Die beskuldigde het dokumente voorgelê en gepoog om R50 000 van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) te eis.

Die beskuldigde moes as deel van die proses ’n onderhoud ondergaan wat deur ’n amptenaar gevoer is.

Tydens die onderhoud kon die beskuldigde nie sekere vrae beantwoord nie.

Dit het ook aan die lig gekom dat een van die aansoekers nooit in diens van ’n sekere maatskappy was nie, soos aangedui op die eisvorm.

Die amptenaar het die saak by die Valke se ernstige korrupsie-ondersoekspan in Welkom aangemeld.

Die polisie het gereageer en dieselfde dag die verdagtes in hegtenis geneem.

Die beskuldigdes het by verskeie geleenthede in die hof verskyn, wat op 19 April tot hul skuldigbevinding gelei het.

Die beskuldigdes se vonnisse is in geheel vir vier jaar opgeskort op voorwaarde dat hulle nie aan dieselfde oortreding skuldig bevind word gedurende die tydperk van skorsing nie.

Hulle is ook vir twee jaar onder korrektiewe toesig geplaas.

Albei die beskuldigdes is onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit.

Die beskuldigde het dokumente voorgelê

en gepoog om

R50 000 van die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF)

te eis.

You need to be Logged In to leave a comment.