’n PETROLJOGGIE van die Engen-motorhawe oorkant die Welkom Nissan-gebou het Dinsdag (21/06) omstreeks 19:00 vlamme in die gebruiktemotors-vertoonlokaal opgemerk en onmiddellik alarm gemaak. Hy het dadelik die eienaar van Nissan, Frikkie Geyser, gekontak en ook die nooddienste ontbied. Die nooddienste was vinnig op die toneel en die brand is onder beheer gebring. Twee voertuie het uitgebrand en vyf ander is erg beskadig. Geyser het Woensdagoggend (22/06) bevestig dat voertuie uitgebrand het. Die brand het vermoedelik weens ’n elektriese kortsluiting in die gebou ontstaan. Die kortsluiting het ’n voertuig aan die brand gesteek en die brand het versprei. Niemand is in die voorval beseer nie en die gebou het slegs rookskade opgedoen. Die werkswinkel, asook die nuwemotor-afdeling, sal soos normaal voortgaan, het Geyser bevestig.
Foto’s: Riaan Stegman en Madli Grobbelaar

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025