Twee Gimmies kry SA-swem

,

Twee swemmers van Welkom-Gimnasium verteenwoordig die Vrystaat by die Suid-Afrikaanse Skole Swemkampioenskappe in Bloemfontein. Die Vrystaat eindig vierde, met Drake O’Tool wat verskeie Top 10 en Top 20 plasings behaal, terwyl Noa Mansill ook drie Top 10 posisies bereik in haar swemtye.


Twee swemmers van Welkom-Gimnasium het vir Vrystaat-span in Bloemfontein geswem tydens die Suid-Afrikaanse Skole Swemkampioenskappe wat vanaf 5 – 7 April plaasgevind het. Nege provinsies het deelgeneem. Die

Vrystaat het vierde geeïndig. Drake O’Tool (links) behaal vierde plekke vir 200m borsslag en 200m wisselslag en ook ‘n vierde plek in die 400m vryslag-aflos. O’Tool eindig in die Top 10 vir 100m borsslag en ook die 100m vlinderslag. He behaal ook plekke in die Top 20 vir die 100m vryslag en 50m borsslag. Sy spanmaat Noa Mansill (regs) behaal drie Top 10 posisies vir 50m borsslag, 100m borsslag en 200m wisselslag. Sy kry ook Top 20 plasings vir 100m rugslag, 100m vlinderslag en 50m rugslag.

You need to be Logged In to leave a comment.