Die Goudveld se Louis Fourie en Louis Massyn het Sondag (09/10) die Chicago-marathon in Amerika aangedurf en voltooi. Fourie se tyd was 4:34 en Massyn se tyd 5:31. “Dit is ’n ongelooflike stadsmarathon met byna 1,5 miljoen toeskouers langs die roete, wat deur 29 woonbuurte gestrek het,” sê Massyn. Dit was Fourie se tweede groot stadsmarathon en Massyn se vyfde een. “In 2023 hoop ek om my sesde een te voltooi vir die groot ses-ster-medalje,” sê hy.