Marti Will
Die Hoërskool Trio van Kroonstad het die afgelope naweek van 12 April teen Welkom se Goudveld-Hoërskool in Kroonstad kragte gemeet.
Rugby
Met die rugby het Trio se eerste span as oorwinnaar uit die stryd getree, met ‘n eindtelling van 35 – 15.
Met die tweede en derde span se wedstryde was die eindtelling onderskeidelik 43 – 12 en 17 – 12.
Netbal
In netbal het Trio agt uit die 13 wedstryde gewen, maar Goudveld het as bobaas die eerste-, tweede- en derdespanwedstryde gewen.

Die eerstespantelling was 34 – 24, die tweedespantelling was 5 – 0 en die derdespantelling was 22 – 9.
Hokkie
Trio se seunshokkiespanne het in al hul wedstryde koning gekraai, met die eerste span se eindtelling 8 – 0.
In die meisieshokkie het Trio en Goudveld se eerste spanne met 1 – 1 gelykop gespeel, en Goudveld se tweede meisiesspan het vir Trio 5 – 0 geklop.
Aan die einde van die dag was sport die wenner, en ‘n goeie gees het tydens al die wedstryde geheers.
You must be logged in to post a comment.