Kapt. Stephen Thakeng, bevelvoerder van korporatiewe kommunikasie vir die Lejweleputswa-distrik, het ’n media-navraag oor die aangeleentheid beantwoord.
“Volgens ons rekords is net een geval van diefstal van koperkabels by die Amari-skool van Januarie 2021 tot 28 September aangemeld. Dit is al misdaad wat tot dusver aangemeld is.
“Oor die plasing van die nedersetting moet die munisipaliteit kommentaar lewer.
“As polisielede is dit ons mandaat om op klagtes te reageer, en as daar ’n bewering teen ons is, doen ons ’n interne ondersoek. Klagtes moet by die waarnemende stasiebevelvoerder van Welkom, kol. Beulah Siyaya, by 082-380-3338 aangemeld word. ’n Polisie-beampte sal aangewys word om ondersoek in te stel.
“As ’n misdaad teen iemand, insluitend die Amari-skool, gepleeg is, moet ’n saak by die Welkom-polisiekantoor aangemeld word sodat ’n deeglike ondersoek gedoen kan word.”
____________________________________________________________________________
Trauma en angstigheid is nie naastenby sterk genoeg woorde om die emosies te beskryf van die kinders wat by die Amari-skool in Welkom woon en deur digte rook en aanhoudende, oorverdowende musiek uit ’n nabygeleë onwettige nedersetting gekonfronteer word nie.
Die heining rondom Amari in Welkom word elke 15 meter gelap as gevolg van indringers wat probeer het om toegang te verkry
Vista Marti Will
Dié kinders, wat ernstig verstandelik of fisiek gestremd is, word voortdurend aan onmenslike geraas, misdadigheid en rook blootgestel. Dit veroorsaak disoriëntasie, verwarring, vrees en uiterste angstigheid. Die kinders raak so sintuiglik oorstelp dat selfs opgeleide personeel sukkel om hulle te hanteer. Dit maak die kinders bang, en onbeheerbaar. Hulle word sensories oorstelp.
“Die kinders se vreugde en menslikheid word hulle ontneem. Ons kinders se gesondheid en welstand word aanhoudend bedreig. Die aanhoudende geraas steur hulle slaapsiklus, wat ook tot nood en verwarring lei. “Dit is verskriklik. Hierdie kinders is nie soos normale kinders nie. Hul situasie is anders,” sê Scott.
Nie eens opgeleide personeel kan hulle in hierdie situasies beheer nie.
“Wanneer die skool die situasie by die polisie aanmeld, word ons meegedeel dat hulle (die polisie) te besig is – maar sou ’n voertuig beskikbaar raak, sal hulle een uitstuur. Daar het tot vandag toe nie ’n polisievoertuig hierheen gekom nie,” sê Eddy Scott, hoof van sekuriteit, instandhouding en vervoer.
Scott sê die skool se koshuis is veronderstel om ’n veilige hawe te wees, nie ’n plek van angs en vrees nie.
“Die kinders se vreugde en menslikheid word hulle ontneem. Ons kinders se gesondheid en welstand word aanhoudend bedreig. Die aanhoudende geraas steur hulle slaapsiklus, wat ook tot nood en verwarring lei.
“Dit is verskriklik. Hierdie kinders is nie soos normale kinders nie. Hul situasie is anders,” sê Scott.
Hy sê daar hang altyd digte rook oor die skool. Die musiek begin elke Vrydag omstreeks 12:30 speel en dit hou tot laat Sondagaand, selfs Maandagoggend, aan.
Die heining rondom Amari in Welkom word elke 15 meter gelap as gevolg van indringers wat probeer het om toegang te verkry. Op die foto is Eddy Scott van die skool.
VistaMartiw Will
Die skool se omheining is al erg beskadig, en daar is bykans elke 15 m herstelwerk gedoen waar misdadigers ingekom het om, onder andere, koperpype en toerusting te steel.
“Ons het óf ’n soliede baksteenmuur óf elektriese omheining nodig, maar dít kan ons nie bekostig nie. Ons spandeer soveel geld aan die vervanging van pype en die herstel van vandalisme op die terrein, dat gewone instandhouding agterweë bly,” sê Scott.
Hy sê sedert die begin van die jaar het die skool al R100 000 aan die vervanging van pype bestee.
Die pomp van R60 000 moes ten duurste vervang word nadat indringers die watersisteem by die Amari Spesiale Skool gedemineer het
VistaMarti Will
“Ons moes ook ’n pomp van R60 000, wat gesteel is, vervang. Onherstelbare skade is aan die outomatiese waterstelsel verrig. Weens dié diefstal en vandalisme was die watertoevoer na die skool bykans vier maande lank onderbreek.
“Ons ontvang minimale subsidie van die staat. Ons weet nie hoeveel langer ons teen dié tempo waarteen ons geteiken word, sal kan oorleef nie.”
Die Amari-skool het sedert die ontstaan van die onwettige nedersetting in Almaweg (sowat 500 m vanaf die skool) al eindelose aanslae trotseer.
Dié kamp is nog nooit gesoneer of geformaliseer nie. Die munisipaliteit versuim steeds om basiese dienste aan die inwoners te verskaf. Die nedersetting is onwettig, en is op mynterrein langs ’n slikdam geleë.
Die perdestalle en ander plaasgeriewe is verlate na die grootskaalse slag van die diere wat op die skoolterrein gewoon het
VistaMarti Will
Vista het in April oor die grootskaalse slagting van troeteldiere en plaasdiere by Amari berig. Van die leerlinge is aan die bloedbad blootgestel toe die hase en varke deur kinders van die nedersetting afgeslag is.
“Daar het ná hierdie nagmerrievoorval beloftes van hulp van die burgemeester en die munisipale bestuur ingestroom, maar niks het gebeur nie,” sê Scott.
Hy het ’n landbou-sillabus by die skool begin, maar weens die slagting van die diere en die aanhoudende inbrake was dit nie volhoubaar nie en is dit gestaak.
* Kgojane Matutle, woordvoerder van die Matjhabeng-munisipaliteit, sê Nkosinjani Speelman, uitvoerende burgemeester, het al verskeie vergaderings met die plakkers gehou om klagtes van die skool en sakelui na vore te bring.
“Na afloop van die vergadering is verdagtes wat met misdadige aktiwiteite verbind word, in hegtenis geneem. Die munisipaliteit veroordeel die misdadige aktiwiteite en sal met wetstoepassingsagentskappe en die gemeenskap skakel om langdurige oplossings te vind,” sê Matutle.
Die skool se watertoevoer is 4 maande lank erg geraak ná onherstelbare skade aan die pompstelsel
VistaMarti Will
Die troeledier hasies by Amari Spesiale Skool is afgeslag en net so op die skoolterrein gelos
Vista
Die plaasdiere by Amari Spesiale Skool is afgeslag en net so op die skoolterrein gelos
Vista