Die Protea Volkspele-laer het op 25 Augustus by Huis Salomè opgetree.
“Die bejaardes het dit geniet, en heelparty van die inwoners het laat blyk dat hulle ook in hul jong dae Volkspelers was,” sê Ollie Olivier, laer-leier.
“Een van die bejaarde Engelse inwoners het gesê dat dit die eerste keer in sy lewe was wat hy gesien het hoe Volkspele gedoen word,” sê Olivier.
Belangstellendes kan ’n oefen-aand bywoon en mense wat musikaal is kan as begeleier deelneem. Die Protea Volkspele-laer oefen elke Dinsdag om 19:00 in die kerksaal van die NG Moedergemeente.
Bel Olivier by 082-775-6420 of Leana Olivier by 076-339-6418.