Altesaam 530 m² se slaggate in Presidentstraat, Bothaville, is met 53 ton teer gevul.
AfriForum se Bothaville-tak is deel van die span wat dié straat, wat die dorp met Meyerhof verbind, opgeknap het. Die Nala-munisipaliteit, wat Bothaville en Wesselsbron bedien, die Mieliehoofstad-sakekamer (MHSK) en Trots Bothaville is ook deel hiervan.
Die munisipaliteit voorsien die werkers, se?llaag en die diesel, en is ook vir die vervoer van die teer vanaf Stilfontein verantwoordelik.
Die teer is geskenk deur die AfriForum-tak, MHSK en Trots Bothaville.
Tans is voorbereiding onderweg om ongeveer 137 m² se slaggate in Prellerstraat met 13 ton teer te vul. Beplanning om die kruising by President- en Symondstraat op te knap en die pad te se?l, word ook gedoen.
Willie Prinsloo, voorsitter van die Bothaville-tak, het by die Potchefstroom-tak opleiding in die vul van slaggate ontvang. Daarna het die Bothaville-tak ’n sleepwaentjie met toepaslike toerusting aangeskaf, waarna munisipale werkers opgelei is.
“Ons bedank die gemeenskap en ondernemings wat bydraes gelewer het om die strate op te knap. Dit is ’n uitstekende voorbeeld van die gemeenskap wat hande vat en hul dorp verbeter,” sê Alta Pretorius, distrikskoördineerder vir Mooirivier.
Die betrokke instellings wat die teer geskenk het, se begrotings is uitgeput en vra die gemeenskap en plaaslike ondernemings om ’n bydrae te maak.
Bel vir Prinsloo by 083-306-5732.