Toestand van dorp, gedrag van padgebruikers skok

Ek was onlangs in Virginia om van ons vriende wat jare daar gewoon het hul eertydse dorp te gaan wys. Sjoe, wat ‘n skokkende prentjie. Die besigheidsdeel is vieslik vuil. […]

Ek was onlangs in Virginia om van ons vriende wat jare daar gewoon het hul eertydse dorp te gaan wys.

Ek was onlangs in Virginia om van ons vriende wat jare daar gewoon het hul eertydse dorp te gaan wys.

Sjoe, wat ‘n skokkende prentjie. Die besigheidsdeel is vieslik vuil.

Die hoofstrate by die besighede is besaai met papiere en ander vullis.

Die trane het omtrent oor my vriendin se wange gerol. Sy kon nie glo die eens pragtige tuindorp is in so haglike toestand nie.

Die parke is besaai van vullis en hier en daar lê boemelaars en slaap.

Ek moes self om my trane inhou, want Virginia was en sal altyd my ”hometown” bly. Ek het wonderlike herinneringe van die dorp.

Terug in Welkom lyk dit ook maar sleg voor besighede.

Kan die eienaars nie net iemand aanstel om die stoepe van hulle besighede netjie te hou nie? Dit is ook geen plesier om by die Goldfields Mall inkopies te gaan doen nie.

Die taxi’s het geen respek vir jou nie. Hulle ry onverskillig en het geen respek vir bejaardes nie. Ek moes ‘n ou tannie help tot in die mall – sy was vreesbevange en het my gesmeek om haar weer terug te vergesel na haar voertuig. Ek het dit met liefde gedoen, want ek kon die angs op haar gesig sien.

By die Woolworths kant van die mall gaan dit erg. Taxis laai passasiers enige plek af. Hoekom gebruik hulle nie die parkering wat spesiaal vir hulle aangebring is nie?

Die huurmotors is ‘n gevaar voor die ingang van die mall en aan die Woolworths kant. Ek was vandag amper raakgery deur ‘n huurmotor wat teen my geskuur het.

Kan die verkeerbeamptes nie net daar diens doen nie?

Die taxi-bedryf in die Goudveld is gevaarlik vir ander motorbestuurders en die gemeenskap.

You need to be Logged In to leave a comment.