“Baie dankie vir al die skole se ondersteuning oor die afgelope 25 jaar. Die kinders het oor die jare die toeskouers baie genot verskaf met hul vaardighede. Hier het verskeie Springbokke en provinsiale rugby- en netbalspelers in hul laerskooldae gespeel.”

Verskaf

Groot opwinding heers onder rugby- en netbalspelers in die aanloop tot die Vista-Odensia-aandreeks.

Buiten die opwinding op die veld, heers daar ’n feestelike atmosfeer op die skoolterrein.

Wedstryde word op 6, 7, 11, 12, 14 en 16 Maart by die Laerskool Odensia in Odendaalsrus gespeel Z ses dae se opwinding vir die streek en sy kinders. Skole van oor die Noord-Vrystaat heen gaan wedywer vir die eer om as topskool gekroon te word.

“Ons opregte dank aan elke besigheid of persoon wat elke jaar die aandreeks getrou ondersteun. Sonder u ondersteuning kan so ’n geleentheid nie aangebied word nie,” sê Piet Odendaal, hoof van Odensia.

“Baie dankie vir al die skole se ondersteuning oor die afgelope 25 jaar. Die kinders het oor die jare die toeskouers baie genot verskaf met hul vaardighede. Hier het verskeie Springbokke en provinsiale rugby- en netbalspelers in hul laerskooldae gespeel.”



)
Vista
is al 25 jaar die hoofborg van dié aandreeks.

You need to be Logged In to leave a comment.