Tiener verdrink in watergat

’n Seun het verdrink toe hy en sy maats in ’n watergat teen die spoorlyn tussen Thabong en Bronville, buite Welkom, geswem het.


’n Seun het verdrink toe hy en sy maats in ’n watergat teen die spoorlyn tussen Thabong en Bronville, buite Welkom, geswem het.

Die polisie is op 4 Januarie na die watergat ontbied nadat een van die seuns in die moeilikheid beland het, sê kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder.

Die polisie van Bronville en polisie­duikers van Welkom was op die toneel en het die seun uit die water gehaal.

Die kind is op die toneel dood verklaar, sê Thakeng.

“Die oorledene is die 16-jarige Karabo Mokhobo. Sy pa het hom op die toneel uitgeken.”

Hy sê ’n geregtelike doodsondersoek sal gedoen word. Die polisie het ouers gewaarsku om nie toe te laat dat hul kinders in watergate swem nie. 

You need to be Logged In to leave a comment.