Die uitvoerende burgemeester van die Matjhabeng-munisipaliteit, Thanduxolo Khalipha (63), is gister in hegtenis geneem en formeel aangekla.
Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, het dit bevestig; asook dat ‘n klag van aanranding en twee klagte van crime injuria teen Khalipha ingedien is. Die burgemeester moet op 24 Mei in die landdroshof in Odendaalsrus verskyn.