Kapt. Malebo Khosana en sers. Ntombienhle Twala spreek veeboere in Thabong toe. Foto: SAPD


Lede van die vennootskap-polisiëring in Thabong het veeboere van Dankbaarheid op Woensdag 31 Januarie besoek om hulle oor landelike veiligheid, in terme van die voorkoming en bekamping van veediefstal, in te lig.

Boere is aangemoedig om sake aan te meld sodat Odendaalsrus-polisie se eenheid vir veediefstal en-bedreigde spesies ’n deeglike ondersoek kan doen om te verseker dat verdagtes die volle mag van die gereg in die gesig staar.

Die boere is ook die geleentheid gegee om vrae te vra wat deur sers. Ntombienhle Twala en kapt. Malebo Khosana beantwoord is.

Daar is ook op Woensdag ’n deur-tot-deur-bewusmakingsveldtog by die D-koshuis in Sektor 1 van Thabong gehou. Die doel was om opvoeding oor geslagsgebaseerde geweld, aanrandings, diefstal van koperkabel en drankmisbruik te doen. Die polisie het pamflette met misdaadvoorkomingswenke aan inwoners versprei.

Die polisie het ook op dieselfde dag ’n bewusmakingsveldtog vir skoolveiligheid by die Tshepo-Themba Hoërskool aangebied.

Leerlinge is oor afknouery ingelig en hulle is gesê dit moet met onmiddellike effek staak. Geen leerder is veronderstel om dwelms in die skoolterrein te gebruik nie, en seuns en meisies moet nooit toelaat dat enigiemand ongewenste kontak met hulle maak nie.

Hulle moet sulke gedrag onmiddellik aan hul ouers of onderwysers aanmeld. Dwelmhandelaars wat dwelms op die skoolterrein wil verkoop moet ook aangemeld word, en opvoeders moet te alle tye gerespekteer word. Leerlinge is ook gewaarsku om nooit enige geskenke van vreemdelinge te aanvaar nie.

You need to be Logged In to leave a comment.