Taxibestuurder, SAPD-sekuriteitsbeampte vas vir gesteelde staatseiendom

’n Sekuriteitsbeampte by die SAPD se motorhawe in Jan Hofmeyerweg, Welkom, is saam met ’n taxibestuurder in hegtenis geneem ná bewerings van die besit van gesteelde staatseiendom.


’n Sekuriteitsbeampte by die SAPD se motorhawe in Jan Hofmeyerweg, Welkom, is saam met ’n taxibestuurder in hegtenis geneem ná bewerings van die besit van gesteelde staatseiendom.

Op 16 Oktober omstreeks 02:00 het twee lede van die Welkom SAPD-kliëntedienssentrum ’n kamp-inspeksie op die terrein van die polisiekantoor gedoen en ’n minibus voor die staatsgarage gewaar.

Lede het nader beweeg, maar die voertuig het skielik weggetrek.

Die voertuig is vasgekeer en deursoek en twee 25 liter-dieselhouers en ’n pyp wat gebruik word om na bewering diesel uit polisievoertuie te tap, is gevind.

Die minibusbestuurder (37) is in hegtenis geneem.

Verdere ondersoek het gelei daartoe dat ’n 40-jarige veiligheidsbeampte wat by die staatsgarage aan diens was, in hegtenis geneem is.

Albei verdagtes is vir die besit en diefstal van staatseiendom en is in hegtenis geneem.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.