Talle in hegtenis geneem gedurende VS-teenmisdaadveldtog

Die polisie in die Vrystaat het meer as 1 100 verdagtes tydens die multi-dissiplinêre optrede, Operasie Shanela, in hegtenis geneem.


Die polisie in die Vrystaat het meer as 1 100 verdagtes tydens die multi-dissiplinêre optrede, Operasie Shanela, in hegtenis geneem.

Die gemeenskapsdeelname aan misdaadbekamping lewer steeds goeie resultate,” sê sers. Mahlomola Kareli, woordvoerder vir die Vrystaatse polisie.

In die tydperk vanaf 29 Augustus tot 3 September het die polisie 1 149 verdagtes vir verskeie misdade gevang. Daar is 77 mense vir dwelmverwante misdade in hegtenis geneem. Dwelms soos Mandrax, nyaope, kokaïen en dagga is gekonfiskeer.

Daar is op een geweer en agt handwapens afgekom toe vyf verdagtes vir die onwettige besit van vuurwapens in hegtenis geneem is.

Sowat 30 mense is vir opsetlike saakbeskadiging en 24 vir inbrake is in hegtenis geneem.

Kontakmisdade, as een van die mees algemene misdade in die provinsie, het lede aangespoor om stop-en-deursoek-operasies te verskerp. Hul optrede het gelei tot die inhegtenisname van 160 mense vir aanrandings. Deur middel van die stop-en-deursoek-operasies is 59 verdagtes vir die besit van gevaarlike wapens aangekla en 74 onwettige immigrante is gearresteer,” sê Kareli.

Hy sê geslagsgebaseerde geweld is ’n doring in die vlees, en die speurders werk hard daaraan om dié misdaad te bekamp.

Daar is 429 verdagtes in dié verband opgespoor en in hegtenis geneem, wat vyf verdagtes vir verkragting en een vir poging tot verkragting ingesluit het.

Multidissiplinêre padblokkades is regdeur die provinsie gehou en 61 bestuurders is vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Daar is ook 144 verdagtes in hegtenis geneem vir oortreding van die verkeerswet.

Die Vrystaatse polisiekommissaris, lt. genl. Baile Motswenyane, het bygevoeg dat gemeenskapsbetrokkenheid in die bekamping van misdaad help met die hantering van hardnekkige misdade.

“Ons waardeer alle inligting wat ontvang word, maak nie saak hoe klein jy dink dit is nie,” sê Motswenyane.

.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.