Die Bultfontein-tak van AfriForum het ’n nuwe bestuurspan.
Nico Foulds is die voorsitter, Martin Maartens die ondervoorsitter, Marthie Raymond die tesourier, Marizette Earle die sekretaris, Tony Swanepoel behartig gemeenskapsveiligheid, Lerika Swanepoel beklee die amp vir plaaslikeregeringsake, Charles Raymond behartig omgewingsake en Shirea Swanepoel jeug.
Chris Morgan, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland, het die gemeenskap bedank vir hul insette tydens die skuiwe binne die tak, asook die bestuurslede vir hul bereidwilligheid om in die takbestuur te dien.
“Die nuwe bestuur wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte te begin,” het Morgan gesê.
“As die gemeenskap saamstaan en hard werk, kan hulle ’n beter omgewing en toekoms vir almal skep.”