Sy nabyheid ’n bron van krag

Was jy al in ’n woestyn onder ’n besembos?.


Was jy al in ’n woestyn onder ’n besembos?

Miskien het iets verkeerd geloop of iets gebeur wat jou oor die sin van die lewe of die regverdigheid van mense laat twyfel.

Elia het so ’n tyd in sy lewe beleef – en so ook is dit iets wat met elke gelowige gebeur.

Daarom kan ons deurentyd bid en vra wat Dawid in Psalm 23 skryf: Bring my by waters waar daar rus is.

Elia se lewe getuig nie van kleingeloof en moedeloosheid nie.

Nee, Elia vrees nie die haat van die goddelose koning Agab en sy vrou, Isebel, nie. Ook nie die oormag van die profete van Baäl nie.

Elia vlug vir Isebel tot by die besembos in die woestyn. Alles het vir hom te veel geword en hy voel alleen.

Hy wil eerder sterf.

Toe wys die Here Homself aan Elia in die fluistering van die windstilte.

Ons verwag altyd buitengewone gebeure of ingrype van die Here.

Tog is God daar vir sy kinders – vir jou en my – in goeie én slegte tye.

Elia was nooit alleen nie, al het hy vir sy lewe gevlug.

Die Here was met hom.

Geloof stel jou in staat om dinge te doen waaroor jy later net verbaas kan staan; kan weet die Here het voorsien.

In krisistye raak ons soos Elia stil met ons kop op ons knieë en leef biddend om weg te kyk van die geraas van ons omstandighede.

Die Here ken ons besembos-ervaringe; weet wanneer ons op moedverloorvlaktes verkeer.

Vertrou die Here en ervaar met nuwe geloof die vrede wat jou verhouding met Hom teweegbring.

Wees stil en weet die Here is by jou. ) Ds. Philip Mc Laren is leraar aan die NG kerk Bedelia.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.