Tian Zietsman het ’n silwer Pendoring-eerbewys in die afdeling vir publikasie-ontwerp ontvang, asook ’n goue Pendoring-vernufsertifikaat in die afdeling vir tipografie. Sy projek, Kuber Klank, fokus op musiekfeeste.Foto: Verskaf


Kuber Klank is die volgende stap na die toekoms van musiek en vermaak. Met die gebruik van nagebootste werklikheid (augmented reality, AR) word die ervaring van ’n musiek fees nagemaak binne in jou sitkamer.Foto: Verskaf

Kuber Klank Foto: Verkaf

Tian Zietsman, ’n oud-Gimmie en finale jaar student in grafiese ontwerp aan die Noordwes Universiteit, het uitgeblink by die jaarlikse Pendoring-geleentheid en het ’n goue- en silwereerbewys ontvang.

Die geleentheid is op 3 November gehou, en bevorder en erken kreatiwiteit in al Suid-Afrika se inheemse tale in die Suid-Afrikaanse reklamebedryf.

Tian het ’n silwer Pendoring in die afdeling vir publikasie-ontwerp ontvang, asook ’n goue Pendoring-vernufsertifikaat in die afdeling vir tipografie.

Sy projek, Kuber Klank, fokus op musiekfeeste.

“Die idee is om jou slimfoon te gebruik om ’n illustrasie op ’n plakkaat of in ’n tydskrif te skandeer en dan na ’n mini-musiekkonsert of uitvoering op die toestel te kyk.

“Dit bring in werklikheid die ervaring van ’n musiekkonsert in jou woonkamer in,” sê Tiaan.

Kuber Klank is die volgende stap na die toekoms van musiek en vermaak.

Met die gebruik van nagebootste werklikheid (augmented reality – AR) word die ervaring van ’n musiekfees nagemaak binne in jou eie sitkamer.

“Ná ons eensame en ingeslote 2020-pandemie het ons as mense een van ons grootste behoeftes besef. Geen bedjie, broodjie of biertjie gaan ons dors kan les of leemte kan vul soos klank nie. Mense is gekoppel aan musiek. Musiek maak ons. Dit is deel van ons kultuur, en laat ons emosies uit mors. Musiek is ons water en ons is dors.”

You need to be Logged In to leave a comment.