Sy dra meer as een kunshoed in Bloemfontein

Ter viering van vrouemaand het verskillende departemente van die Nasionale Museum, Bloemfontein, saamgewerk om uitstallings saam te stel wat oor drie museumlokale te sien is.


Ter viering van vrouemaand het verskillende departemente van die Nasionale Museum, Bloemfontein, saamgewerk om uitstallings saam te stel wat oor drie museumlokale te sien is,

Kunsliefebbers kan by die Freshford-huismuseum, die Nasionale Museum en Oliewenhuis-kunsmuseum hierdie uitstallings wat die vrou uitbeeld besigtig.

Kunswerke is intuïtief gekies om verskillende aspekte van die vrou (en hulle hoedens) uit te beeld.

Hoewel hulle ’n kenmerkende inslag het, deel dit soortgelyke temas en inhoud, en poog om vars en oorspronklike visuele vertoonvensters te skep deur ’n verskeidenheid historiese hoede met kontemporêre en klassieke kunswerke te kombineer.

Die She wears many hats-uitstalling is ’n opwindende samesmelting van kunswerke en pragtig vervaardigde artefakte, saamgestel deur drie vroulike kurators, is met aandag gekies uit die kunsversamelings van die Oliewenhuis-kunsmuseum, Kunsbank van Suid-Afrika en tekstiele van die versamelingsbestuur en biblioteekafdeling.

Die kunswerke en artefakte, wat die vrou op verskeie maniere verteenwoordig, toon die fisiese en uiterlike sowel as die abstrakte en innerlike kwaliteite wat met die vrou geassosieer word.

By Freshford-huismuseum word hoede uit verskillende eras (1880-1970) saam met ’n klein verskeidenheid kunswerke vertoon.

Die kunswerke en hoede is met die hand uitgesoek om die veelsydige vrou te vier, maar ook die skoonheid en uniekheid van vroulikheid.

Kunswerke en artefakte straal ’n vroulike teenwoordigheid van sagtheid, veerkragtigheid, krag, skoonheid, vloei en gevoel uit. Dit is ingesluit om die ligter kant van die vroulike te vier.

Die uitstalling beoog om vroue te salueer wat moeiteloos wissel tussen die verskillende rolle wat hulle in die samelewing vervul.

’n Vrou met baie hoede simboliseer moderne vroue se weiering om ingehok te word deur maatskaplike verwagtinge en norme.

By die Freshford-huismuseum word hoede uit verskillende eras (1880-1970) saam met ’n klein verskeidenheid kunswerke uitgestal.

Die uitstalling by die Oliewenhuis-kunsmuseum poog om ’n aangename en inspirerende sintuiglike ervaring te wees, wat gevoelens van lighartigheid, speelsheid met ’n tikkie melankolie oproep.

Dit is interessant hoe die konsep ontvou – ideologieë van vroulike uitstraling is skielik ’n omvattende, universele teenwoordigheid, selfs Moeder Natuur gee ons uitstraling, skoonheid en energie.

Kunswerke en artefakte wat ’n vroulike teenwoordigheid van sagtheid, veerkragtigheid, krag, skoonheid, vloei en gevoel visueel beskryf en uitstraal, is ingesluit om die ligter kant van die vroulike te vier.

Die uitstalling by die Nasionale Museum fokus op die wonderlike vermoë van vroue om nie net vinnig te herstel nie, maar om op ’n beter manier terug te kom met ’n beter perspektief van swaarkry van die lewe. Die veerkragtigheid om op een of ander manier diep in hulself te delf om jou eie twyfel, vrees en onsekerheid te oorwin.

Die She wears many hats-uitstalling is ’n opwindende samesmelting van kunswerke en pragtig vervaardigde artefakte, saamgestel deur drie vroulike kurators.

Die She wears many hats-uitstalling is ’n opwindende samesmelting van kunswerke en pragtig vervaardigde artefakte, saamgestel deur drie vroulike kurators.

Kunswerke wat jou tot nadenke stem is gekies en ondersoek die maniere waarop vroue betekenis in hul lewe vind en skep deur identiteit, gemeenskap, liefde en die ervaring van die lewe.

¦ Freshford-huismuseum is in Kellnerstraat 31, Westdene, Bloemfontein en is oop vir die publiek van Maandag tot Vrydag tussen 09:00 en 16:00, Saterdae tussen 10:00 en 15:00, en is op Sondae en openbare vakansiedae gesluit.

¦ Die Nasionale Museum, Bloemfontein is in Aliwalstraat 36, Bloemfontein en is oop vir die publiek van Maandag tot Vrydag tussen 8:00 en 17:00, Saterdae tussen 10:00 en 15:00, en is op Sondae en openbare vakansiedae gesluit.

¦ Oliewenhuis-kunsmuseum is in Harry Smithstraat 16, Bloemfontein en is oop vir die publiek van Maandag tot Vrydag tussen 08:00 en 17:00, en op Saterdae, Sondae en openbare vakansiedae tussen 09:00 en 16:00.

Vir meer inligting oor die Oliewenhuis-kunsmuseum bel die museum by 051-011-0525, 078-968-4300 of oliewen@nasmus.co.za.

Vir meer inligting oor die Freshford-huismuseum en die Nasionale Museum, Bloemfontein besoek asseblief www.nasmus .co.za.

Om meer uit te vind oor die Kunsbank van Suid-Afrika, besoek asseblief .

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.