Keagan Smith van Welkom het op 26 Augustus aan die Highveld at War-gevegskunskampioenskap (RCFAI) in Lydenburg deelgeneem, en vier medaljes en ’n troffee huis toe gebring.

Die kampioenskappe was op 26 Augustus en Keagan het 1x goud, 1x silwer, 1 brons en 1 trofee gewen.

Hy is ook gekies vir die hoof optrede en is die eerste junior vegter wat nog deelgeneem het in die hoof optrede. RCFAI is ’n unieke styl van gevegskuns wat gebaseer is op die beginsels van boks, judo, stoei, karate en ballet.

Dié veelsydige sportman is ook ’n skerpskutter en het verskeie medaljes in die o.16-afdelings in die SA Jagters-streekskietkompetisies verower.

Keagan het op 30 Julie aan die streekskiet in Bethlehem deelgeneem en het in albei die o.16- en o.18-afdeling presteer.druk- en veerlug afdelings in streekskietkompetisies verower.

Hy het ook ingekom vir o.16, en ’n derde plek in presisie vir o.18 en vierde plek in veerlug vir o.16 gekry.

Hy het ook sy streekkleure verwerf vir druklug en is tans die jongste ’n gekwalifiseerde baanbeampte op die ouderdom van 15 jaar in die Vrystaat.

You need to be Logged In to leave a comment.

  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025