Vanjaar is die 29ste keer dat die jaarlikse Ysbeerswem-uitdaging, oftewel die “Ysbeertjie”, sal plaasvind.
“In 2024 kan Goldco Spares ’n vierde swem in George (Victoriabaai en Heroldsbaai) hê in ’n poging om George op die Ysbeertjie-kaart te plaas wanneer ons Boendoetjie, ons inwonende ysbeer, see toe neem,” sê Felix Burri, organiseerder.
In 2023 is drie swemtogte ingestel om die ysbeer-seisoen te vorm, naamlik Aldam (Ventersburg), Doringbos (Bloemfontein) en die Rogge Cloof-landgoed (Sutherland).
Burri sê daar sal op 29 Junie om 12:00 ’n Goudveld-geleentheid by Aldam wees, by die Willem Pretorius-wildreservaat.
Die Bloemfonteinse swem vind op 7 Junie om 12:00 by Doringbos plaas. Die swem by Rogge Cloof vind op 13 Junie om 12:00 plaas.
Rig navrae by 082-772-7010 (Aldam), 082-376-8902 of 066-118-7957 (Doringbos), en 023-004-1161 (Rogge Cloof); en volg die Facebook-blad Ysbeer/Ysbeerswem, of bel Burri by 082-851-4584 vir meer inligting.