Supermarkeienaar drie keer gewond

’n Gewapende rower is beseer toe ’n winkeleienaar sy kop tydens ’n rooftog by Khan Supermark in Odendaalsrus, met ’n panga gekap het.


’n Gewapende rower is beseer toe ’n winkeleienaar sy kop tydens ’n rooftog by Khan Supermark in Odendaalsrus, met ’n panga gekap het.

Tydens die rooftog is die winkeleienaar drie keer in sy lyf geskiet.

Twee gewapende mans het die eienaar van Khan Supermark in Kutloanong, Kamal Hossel (31), op Donderdag (11/08) gekonfronteer. Hulle het geld geeïs.
Hossel het daarin geslaag om een van die verdagtes se kop met ’n panga te kap, maar eers nadat hy self drie keer in sy lyf geskiet is.
Kamal en sy werknemer (21) het klante bedien toe die mans hulle gekonfronteer het.

Kapt. Stephen Thakeng, mediaskakelbeampte van die Lejweleputswa SAPD, sê die verdagtes het ’n onbekende bedrag kontant beroof voordat hulle van die toneel gevlug het.

“Hossel en sy assistent het na die Kutloanong-satellietpolisiestasie gestap om die voorval aan te meld. Hy het erg gebloei weens die skietwonde en is hospitaal toe geneem vir mediese behandeling,” sê Thakeng.

’n Saak van besigheidsroof is vir verdere ondersoek geopen.

Enigiemand met inligting wat tot die inhegtenisneming van hierdie gewapende rowers kan lei, moet speursers. Tlankane Leshoro van Odendaalsrus Speurdienste by 082-301-2797 of die polisie se noodnommer 08600 10111 bel.

In nog ’n ander gewapende rooftog Vrydag (12/08) het twee mans ‘n groep studente in hul koshuis in Welkom gekonfronteer en van vyf selfone ter waarde van R27 000 beroof.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.