Suid-Afrika se staatsbeheerde kragvoorsiener, Eskom, het kragonderbrekings op 100 dae in 2022 geïmplementeer, met meer wat kom.
Eskom Holdings SOC Bpk. het verlede Dinsdag (06/09) onderbrekings verhoog tot die sogenaamde fase 4-beurtkrag, waar dit 4 000 megawatt van die netwerk verwyder, nadat drie opwekkingseenhede by sy steenkoolaangedrewe Kendal-kragstasie, sowat 100 km oos van Johannesburg, gestruikel het.
Die nutsmaatskappy het Woensdag (14/09) gesê dit sal tot die einde van die week voortduur, met ’n moontlikheid van minder onderbrekings vanaf 17 September.
Maar vandag (16/09) het Eskom aangekondig fase 4 duur voort.
Eskom sukkel om aan die vraag na elektrisiteit te voldoen omdat sy ou en swak onderhoude kragstasies voortdurend onklaar raak.
Die energietekorte weeg op sakevertroue en uitset, en het bygedra tot ’n 0,7% kwartaallikse inkrimping in die ekonomie.
President Cyril Ramaphosa het in Julie stappe aangekondig om private kragopwekking aan te moedig om voorsiening van hernubare bronne aan te vul.
Jan Oberholzer, Eskom se bedryfshoof, het gewaarsku dat hierdie planne dalk vir die volgende 12 maande nie resultate sal lewer nie.
Eskom het Vrydagmiddag die verlenging van fase 4-beurtkrag tot Sondag 05:00 aangekondig weens onderbrekings en aanhoudende tekorte in opwekkingskapasiteit.
Die kragvoorsiener het verder aangekondig dat fase 3-beurtkrag Maandag vanaf 05:00 sal inskop.
“Eskom sal Sondag die vooruitsigte van die beurtkragstadiums vir die week wat voorlê verskaf, aangesien die spanne dag en nag werk om eenhede weer in diens te neem,” het Eskom in ‘n verklaring gesê.
Lees meer hier: