Stygende misdaadvlakke ’n verleentheid vir Suid-Afrika

Daar word gemeen die feit dat die polisie nie in Mei, soos gebruiklik, die kwartaallikse misdaadstatistiek bekend gemaak het nie, wys dat die stygende misdaadvlakke vir die regering ’n verleentheid is.

Die vorige statistiek wat in Februarie uitgereik is, het getoon dat veral geweldsmisdaad aanhou styg en dat Suid-Afrika vinnig besig is om die land met een van die hoogste misdaadsyfers ter wêreld te word.

“Dit is daarom onaanvaarbaar dat die publiek, wat uitgelewer is aan misdadigers en geweldsmisdaad, nie ingelig word oor die jongste stand van sake nie,” sê

Dr. Pieter Groenewald, VF Plus-leier.

Groenewald sê misdaad raak alle Suid-Afrikaners, veral vroue en kinders aangesien die onlangse statistiek getoon het die toename in geweld teen hierdie groepe styg skerp.

You need to be Logged In to leave a comment.