‘n Kwalifikasie van goeie gehalte is die eerste tree na ‘n suksesvolle toekoms en laat jou kop en skouers bo die res uitstaan.
Voeg daarby ‘n lekker studentelewe waar die persoonlike én akademiese ontwikkeling van die student aandag kry, en jy kry ‘n indiensneembare student wat reg is om ‘n verskil in Suid-Afrika te maak.
Met sy wêreldgehaltekampus en koshuis, die Plaashuis, in Pretoria, het Sol-Tech hom oor die afgelope jare as die grootste private Afrikaanse beroepsopleidingskollege in Suid-Afrika gevestig.
Sol-Tech se studente vaar uiters goed in die bedryf, met 94,7% van die studente wat werk kry nadat hulle hul kwalifikasie voltooi het en 21% wat hul eie onderneming begin.
Toonaangewende toerusting in die werkswinkels en opleidingslokale, met uiters bekwame lektore, verseker opleiding van hoë gehalte.
Sol-Tech bied agt tegniese kwalifikasies aan, naamlik: elektries, dieselwerktuigkunde, meulmaker, vervoer(outo)-elektries, gereedskapmaker, pas-en-draai, megatronika en sweis.
Die omvattende programaanbod sluit verder nie-tegniese kwalifikasies in, waaronder drie inligtingstegnologie- (IT) kwalifikasies, naamlik: data-en-wolk, IT-ondersteuning en -netwerke en kubersekuriteit.
‘n Kwalifikasie in vroeëkinderontwikkeling lei praktisyns op wat kinders van geboorte tot op vyfjarige ouderdom begelei om hul mylpale speel-speel te bereik.
Van 2025 af lei Sol-Tech ook haarkappery-studente op.
Die toevoeging van dié kwalifikasie gaan ‘n positiewe invloed op die vaardigheidstekort in die bedryf hê.
Die uitstekend toegeruste 400-bed-koshuis maak dit vir
studente van oor Suid-Afrika heen moontlik om in ‘n veilige omgewing te studeer.
Beplan jou werk en bewerk jou plan met ‘n gehalte-kwalifikasie by Sol-Tech. Besoek sol-tech.co.za vir meer inligting.