Die multidissiplinêre optrede om kwessies van onwettige mynbou en skoon strate in die Lejweleputswa- en Fezile Dabi-distriksmunisipaliteite uit te skakel, die Vala Umgodi-operasie, gaan voort.
Die polisiespan, wat uit gespesialiseerde eenhede bestaan, het tot dusver daarin geslaag om onwettige mynwerkers vas te vat. “Dit is deur konstante ontwrigtende bedrywighede wat by sleutelareas van hul bedrywighede gehou word, gedoen,” sê sers. Mahlomola Kareli, polisiewoordvoerder in die Vrystaat.
Hy sê rooftog, ontvoerings, betreding, die onwettige besit van gesteelde goedere, ongelisensieerde vuurwapens en die besit van goudhoudende materiaal kry genoeg fokus aangesien die span gereeld stilhou-en-soektogte, voertuigkontrolepunte en OTM-besoeke doen, insluitend hul vinnige reaksie op intelligensie-geleide operasies.
In die week van Maandag 22 April tot 29 April is meer as 122 onwettige immigrante in hegtenis geneem vir misdade soos die besit van gouddraende materiaal, handel in dwelms en onwettige mynbou.
Patrollie-operasies duur voort in gebiede soos Welkom, Viljoenskroon, Thabong, Vierfontein, Bothaville, Wesselsbron, Virginia en Allanridge.
Die ontwrigtende operasies is ook deur dié week in Lejweleputswa uitgevoer. Hier is 1 008 mense deursoek terwyl 222 voertuie tydens die sporadiese voertuigkontrolepunte nagegaan is.
Kareli sê Operasie Vala Umgodi gaan voort, en die gearresteerde verdagtes sal in die onderskeie areas van aanhouding in die hof verskyn.