Ruan du Preez, kaptein van die Goudveld-Hoërskool se eerste rugbyspan:
Die derby is ’n jarelange instelling. Ek kan nie glo ek het die voorreg om in my laaste jaar van my skoolloopbaan aan die derby deel te neem nie, aangesien dit iets is wat die afgelope twee jaar se matrieks nie beskore was nie.
Streef, werk, oorwin. Dit is wat ons benadering gaan wees.
Ons pak hierdie stryd aan met trots, trots vir ons skool en ons trui.
Sterkte aan elke liewe Goutie wat deelneem.
Onthou, daar is net een nommer een.