’n Welkomse man is tot ses jaar tronkstraf gevonnis en die saak teen ’n vrou is voorlopig teruggetrek nadat hulle in die hof in Welkom verskyn het op aanklagte van bedrog, vervalsing, diefstal en geldwassery.
Die vrou, Masetjhaba Mastofolo Lucy Lesia (51), en Bongani Lehlohonolo Ngomane (41) het op 29 Augustus verskyn.
Ngomane is ’n vonnis van ses jaar opgelê vir diefstal, wat vir vyf jaar opgeskort is.
Hy is opdrag gegee om R25 000 aan die slagoffer terug te betaal.
Die hof het die saak teen Lesia voorlopig teruggetrek.
In 2019, tydens ’n optrede om dokumente en permitte van taxi-bestuurders in Welkom na te gaan, het provinsiale verkeersbeamptes teenstrydighede opgemerk. Gevolglik is diegene wat geraak is se voertuie geskut.
’n Voorlopige ondersoek na die teenstrydighede het bevind dat sommige taxi-eienaars die beskuldigde betaal het om valse taxi-permitte te bekom.
Die saak is deur die Valke se ernstige korrupsie-eenheid in Welkom ondersoek. Ses taxi-eienaars het na vore gekom en beweer dat hulle elk sowat R25 000 betaal het.
Nog ’n beskuldigde wat by dieselfde saak betrokke was, Retshedisitswe Koloi, is reeds in 2022 skuldig bevind en is vir bedrog gevonnis.