Die NG kerk Riebeeckstad bied Saterdag (03/12) ’n Straatkafee aan.
“Die doel van die oggend is om hoop aan behoeftige mense in ons gemeenskap te bied.
“Ons beoog om gratis kos, klere en dienste – soos ’n haarsny, pedikuur en manikuur en mediese sorg – aan te bied,” sê ds. Christo Nel, leraar.
Alle behoeftiges word genooi om van die geleentheid gebruik te maak.
Die Staatkafee sal van 08:00 tot 13:00 op die hoek van Ernest- en Artemisstraat, Riebeekstad, bedryf word.
Rig navrae oor die geleentheid aan Nel by 076-943-2006.