Die Welkom-stoeiklub het op 3 Augustus ’n verrassing ervaar op die Johnny Reitz Big 5 ope by die Universiteit van Pretoria. Daar was 910 inskrywings. “Terwyl ons besig was met die opening het die minister van sport en kultuur, Gayton Mckenzie, ons besoek en vertel hoe hy verandering gaan bring en dat hy ’n voorstaander van stoei is, want stoei bou ’n kind vir al die ander sportsoorte ook. Ek moet sê, ons was almal beïndruk,” sê Rika van der Merwe, die klub se koordineerder. Die Welkom-stoeiklub het goed presteer. Van links is CJ Swart (o.13, 68,9 kg – 73,3 kg, goud), Wian van der Merwe (president skole vrystyl, 44 kg – 46,6 kg, goud), Liam Herbst (o.6, 22,8 – 24,7 kg, brons), Hanno van Jaarsveld (o.11, 36,2 kg – 39,4 kg, brons), Jan-Phillip du Plessis (o.6, 21,9 kg – 22,7 kg, silwer), Rhonan du Plessis (o.11, 54,7 kg – 58,7 kg, 4de plek), Lewies Jonker (o.7, 31,4 kg – 33,9 kg, goud), Dian Coetzee (o.13 – greco, 46,6 kg – 50,7 kg, 4de plek) en Jaco van der Merwe (afrigter). Afwesig: Johanne Odendaal (o.11, 41,7 kg – 43,3 kg, silwer), Divan van Pletzen (o.15, 72,5 kg – 75,4 kg, 4de plek en o.17, 71,7 kg – 77,5 kg, brons). Foto: Verskaf