Stemme is goud werd

Sangers van die Elize Visser-sangskool, in Virginia en Welkom, het in Desember en Januarie aan die virtuele Stars of the Universe internasionale kompetisie (virtueel) vir uitvoerende kunste deelgeneem.


  • Sangers van die Elize Visser-sangskool, in Virginia en Welkom, het in Desember en Januarie aan die virtuele Stars of the Universe internasionale kompetisie vir uitvoerende kunste deelgeneem.

Twee van die sangers, Ria-Lette en Leoni Meintjes, het nasionale SA kleure in uitvoerende kunste ontvang.

Ria-Lette kry goud vir Broadway en silwer vir jazz en Leonie kry silwer vir Broadway.

In September en Oktober het Elize se sangers aan die 2022 Talent Africa-kompetisie se eindronde in Alberton deelgeneem en het 15 goue medaljes, 30 silwermedaljes en 24 bronsmedaljes verower.

Een van die sangers, Reuben Kruger, het ’n spesiale eerbewys vir Junior Idol van die kompetisie ontvang en die sangskool is as die algehele beste vokale studio in die land aangewys.

Hier het ses van die studente, Jacobus Cooks, Ria-Lette Meintjies, Ruben Kruger, Ruan Bekker, Brandon Van Tonder en Moipone Dikhang gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse span wat later vanjaar aan die International Performing Arts-kompetisie (IPAC) in New York gaan deelneem.

Jacobus, Ria-Lette, Ruan, Brandon, Ruben Kruger, Moipone, Reatile Patala, Illse Ahrens, Leoni Meintjes, Estie Breedt, Pieter Breedt, Ursula Harmse, Karen Carstens, Miha Van Der Schyff en Elize Visser het gekwalifiseer vir die Suid-Afrikaanse span vir die Stars-kompetisie of the Universe Internasionale Kompetisie vir uitvoerende kunste wat later vanjaar virtueel sal plaasvind.

Jacobus, Marlette Botha, Le-Ane Van Niekerk, Ria-Lette, Ruan, Brandon Van Tonder, Ruben Kruger, Moipone, Reatile Patala, Illse Ahrens, Leoni Meintjes, Estie Breedt, Pieter Breedt, Ursula Harmse, Karen Carstens, Miha en Elize Visser het hulle Vrystaat-kleure vir uitvoerende kunste ontvang.

You need to be Logged In to leave a comment.