Stap, draf saam ten bate van diere

Vista is die mediaborg van die bekende Goldfields Game Ranch Trail Run wat op Saterdag 16 November plaasvind.



Vista
is die mediaborg van die bekende Goldfields Game Ranch Trail Run wat op Saterdag 16 November plaasvind.

Onder die vaandel “Unwrap the Gift of Blessings” sal die roete weer deur die wildtuin rondom die lodge kronkel. Die Blessings Animal Shelter in Welkom is die begunstigde van hierdie geleentheid.

“Die gemeenskap word aangemoedig om deel te neem en om skenkings te doen in die vorm van geld of kos aan Blessings Animal Shelter in Almaweg,” sê Hilde du Plessis, voorsitter van die Eskom-atletiekklub Vrystaat en byeenkomsorganiseerder.

Voorafinskrywings vir die wedloop kan by entryninja.com gedoen word.

You need to be Logged In to leave a comment.