Rina van Vuuren, Odendaalsrus:
Ek kyk nou na die foto op die voorblad van die Vista (23 November) en ek sien dat die president Welkom gaan besoek.
Ek kan jou belowe alles gaan gedoen word om die pad waarmee hy gaan inkom en waarnatoe hy gaan, silwerskoon te maak.
Hy gaan nie sien hoe vuil ons dorpe en strate werklik lyk nie.
Hy gaan nie al die riool sien en ruik wat al vir maande lank in strate, velde en erwe loop nie.
Ons bly in Odendaalsrus en dit is ’n skande hoe die agteruitgang hier lyk.
Ons probeer om rondom ons skoon te maak, net om die volgende dag weer te sien hoe mense geen respek daarvoor het nie.




