’n Jong skopbokser van Welkom se Ring Contact Fighting Arts- (RCFA) klub het op die internasionale skopbokskampioenskapsbyeenkoms in Engeland vier bronsmedaljes en een silwermedalje gewen.
Keagan Smith was ’n lid van die Suid-Afrikaanse span wat op 9 Augustus by die Metrodome in Barnsley, Londen, deelgeneem het.
Die nasionale span het ’n vyfde plek in die wêreld verower.
Daar was 16 lande en 800 deelnemers vir dié kampioenskap, en Keagan het teen skopboksers van Amerika, Engeland en Noord Ierland kragte gemeet.
Keagan het uitsonderlik goed gevaar en bronsmedaljes in die K1-kompetisie, skopboks, laagskop en voortdurende skermgeveg behaal.
Hy het ’n silwermedalje in puntegeveg gekry.