Paul Sauer, hoof van die Goudveld-Hoërskool:

Die hoogtepunt van ons jaarlikse sport­kalender het aangebreek.

Namens die Goutie-gemeenskap nooi ons alle belangstellendes, oud-leerlinge, ouers, besoekers en die hele gemeenskap om die Goud-Gim Derby 2023 saam met ons te geniet.

Dit is vir ons voorwaar ? groot voorreg om die Gimmies te verwelkom op ’n dag wat met groot sportmangees en welwillendheid, maar tog gesonde kompetisie, gaan plaasvind. Alhoewel die gemeenskap in twee kampe verdeel is, is die gebeurtenis van so ? aard dat dit ons gemeenskap in groot getalle laat saamtrek.

Dit is met groot dankbaarheid dat ons ons lojale borge van die 2023 winterseisoen bedank. Sonder julle kan ons nie geleenthede vir kinders bied nie. Die feit dat julle in ons opvoeding belê, is vir ons gemeenskap van groot waarde.

Aan die personeel van FNB First National Bank wat jaarliks dwarsoor die land die FNB Classic Clashes-toernooi aanbied en optree as ons plaaslike hoofborg, is dit met groot dank aan u en FNB First National Bank wat die bemarkingswaarde saam met geleentheidskepping vir ons kinders raakgesien het en dit uitmuntend benut het.

Die feit dat ons dit sien uitbrei na die netbalspanne toe, is net nog ? getuigskrif van u bereidheid om in die jeug te belê. Dit bly vir ons Gouties ? absolute voorreg om met u geassosieer te word.

Baie welkom aan mnr. Johan Slabbert, die Gimmie-personeel, beheerliggaam en elke Gimmie in Goutieland. Kom geniet die dag saam met ons. Baie geluk Welkom Gimnasium met jul 70-jarige bestaansjaar wat jul in 2023 vier.

In wese is sport ’n hulpmiddel tot effektiewe opvoeding vir ons kinders. Daarom is dit my wens vir Derby 2023 dat wanneer ons ons spanne aanmoedig, dit met ’n gesindheid van ondersteuning en aanmoediging sal wees.

Aan al die Gouties wil ek sê, en julle sal weet wat ek bedoel met: “Moenie ’n sekonde, ’n oomblik, ’n gebeurtenis in die wedstryd verwar met die lewe nie.” Julle is ons kosbaarste besittings en ons bly lief vir julle almal. Streef, werk, oorwin.

You need to be Logged In to leave a comment.