Anys Meyer (links) en sy seun, Arno, saam op die kompetisie in Parow. Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Die Goudveldse liggaamsbouers Anys Meyer (70) en sy seun Arno (34) het weer ná 17 jaar saam aan die Suid-Afrikaanse kompetisie vir natuurlike liggaamsboubeoefening in Parow, Kaapstad, deelgeneem.

Die kompetisie, wat daarvoor bekend is dat deelnemers nie van steroïede gebruik maak nie, is vanjaar op 1 Oktober aangebied. Deelnemers word vir verbode middels getoets indien nodig, sê Anys.

Hy het ’n medalje in die afdeling vir meesters ouer as 70 ontvang, en Arno was tweede in sy afdeling: seniors 85 kg en swaarder. Hy het ’n trofee gewen.

Arno het ook sy Westelike Provinsie-kleure verwerf, asook ’n plek in dié provinsiale span.

Hy gaan in Junie 2023 as deel van die Suid-Afrikaanse span aan die International Natural Bodybuilding Association (INBA) se wêreldbyeenkoms in die Verenigde Koninkryk deelneem.

You need to be Logged In to leave a comment.