Van links is die o. 17 Griffons spelers, Monray Mostert, Alex Matlou n Neo Oliphant
Van links is die o. 17 Griffons spelers, Monray Mostert, Alex Matlou n Neo Oliphant

Die Hoërskool Hentie Cilliers en die gemeenskap van Virginia het groot rede om trots te wees met ’n indrukwekkende aantal plaaslike rugbyspelers én afrigters wat opgeneem is in die verskeie Hoërskole Griffons provinsiale spanne.
Hierdie is ‘n bewys van die puik werk wat gedoen word deur die Virginia Sport Akademie onder leiding van Chris Coetzee, die bestuurder van die Akademie, wat hierdie plaaslike ontwikkeling dryf.

Die sewe leerlinge van Hentie Cilliers wat gekies is vir die Griffons o.18 Cravenweek-span naamlik is Reabetswe Olifant, Davian Pule, Olereko Sebatana, Xander Wiltshire, Joze Draghoender, Siba Bucwa en Tyrese Baartman.

Die skool se eie Frans Crous is ook gekies as spanbestuurder van hierdie span, en daarby is Virginia Sport Akademie se Taro Maarman aangewys as hulpafrigter van die span . Hierdie is ‘n besonderse erkenning van plaaslike kundigheid. Norman Nelson, ook van Virginia Sport Akademie, is aangewys as die hulpafrigter van die Griffons o.18 Akademie-span.

Drie jong sterre van Hentie Cilliers – Gershwin Andrews, Bokamosa Moji en Sibusiso Mazibuko – is opgeneem in die Griffons o.16 Akademie-span, waar hulle hul talent verder sal slyp. Nthando Kana is ook opgetrek in hierdie span na ‘n onttrekking plaasgevind het.

Verder is Alex Matlou, Monray Mostert en Neo Oliphant gekies vir die Griffons o.17 A-liga-span. Die span word bestuur deur Mnr. Brandon Kriek, nóg ’n trotse verteenwoordiger van Hoërskool Hentie Cilliers.

Hierdie uitsonderlike insluitings wys duidelik dat die strewe na sportuitnemendheid in Virginia vrugte afwerp. Die Virginia Sport Akademie speel ’n sleutelrol in die identifisering en ontwikkeling van talent in die streek en dra by tot die nasionale rugbylandskap.

Die hele skool- en dorpsgemeenskap is trots op hierdie leerders en wens al hierdie spelers en afrigters sterkte toe met hul voorbereidings en deelname.

You need to be Logged In to leave a comment.