Groot opwinding heers onder rugby- en netbalspelers in die aanloop tot die 24ste Vista-Odensia-aandreeks.

Die wedstryde word op 9, 10, 11, 12 en 16 Maart by die Laerskool Odensia in Odendaalsrus aangebied. Dit beteken vyf dae se opwinding vir die streek en sy kinders.

Die eindstryde word op Donderdag 26 Maart gespeel, met optredes deur die gewilde Odensia junior en senior pompons.

You need to be Logged In to leave a comment.