Die Griffons se o.18-rugbyspanne het uitstekend gevaar in die jaarlikse Akademie- en Cravenweek-toernooi.
Albei toernooie het vroeg in Julie in onderskeidelik Johannesburg en George afgespeel.
In die Akademieweek-toernooi het die Noord-Vrystaatse span drie wedstryde gespeel en twee gewen. In die Cravenweek-toernooi het hy ook drie wedstryde gespeel en twee gewen.
In Johannesburg het die Griffons met 24 – 18 teen die Westelike Provinsie (WP) verloor, en die Haaie met 15 – 13 geklop. Teen die Vrystaat Cheetahs het die span met 25 – 24 gewen.
In die Cravenweek-wedstryde het die Griffons met 43 – 22 teen die Limpopo Blou Bulle gewen, met 22 – 50 teen die Luiperds verloor en Grens met 29 – 20 geklop.