Kallie le Roux, kaptein van die Goudveld-Hoërskool se eerste seunshokkiespan:
Dit is weer die tyd van die jaar dat elke leerling ons potensiaal bereik en verwagtinge oortref.
Ja, dit is weer derby-tyd – ’n tyd wanneer ons as ’n familie, skool en gemeenskap saamstaan. Elke uitdaging word met goeie gees aangepak.
Ek nooi almal uit om ons te kom ondersteun, en van ons groot blou Goutie-golf deel te word.
Die skoene wat volgestaan moet word, is groot. Ek weet ons gaan weer bewys dat die Goudveld-Hoërskool die nommer een is.
Ek wens almal baie sterkte toe. Mag goeie gees hierdie jaar seëvier.
Dankie aan al die afrigters vir jul harde werk, leiding, motivering liefde en tyd wat julle hierdie jaar in ons spanne belê het!
Aan my spanmaats: Hoekom doen ons dit? Want dit is lekker.
Speel jou hart uit en moenie terughou nie.