Jonathan Olivier

Credit: SYSTEM

Jonathan Olivier, die Goudveld-Hoërskool se eerste-rugbyspan-kaptein:

Die hoogtepunt van my rugbyloopbaan was toe ek die voorreg gekry het om as eerstespankaptein gekies te word.

Ek motiveer my span deur te lei met voorbeeld, op en van die veld. Ons onderkaptein, Urban Pienaar, is teruggetrokke, maar op die veld is hy ’n goeie leier. Hy los altyd alles op die veld en hy sal nooit opgee nie.

As ’n span streef ons ons doelwitte na en wil ons soos ons rugby-motto leef: “Never be average.”

My droom is om ’n professionele speler te word, maar indien die droom nie realiseer nie wil ek graag gaan studeer en Varsity-beker speel.

You need to be Logged In to leave a comment.