Alet Viljoen is die stigter en organiseerder van die Sonskyn-projek in Welkom. Sy bestuur dít reeds die afgelope 36 jaarFoto: Verskaf


Die Sonskyn-projek, sekerlik een van Welkom se oudste private welsynsprojekte is vanjaar 63 jaar oud.

Dié projek help dertig gesinne (145 mense). Die gesinne bestaan uit 60 vroue, 30 mans en 45 kinders.

“Ek moes 10 maande gelede afskaal. Ek het my arm gebreek en dit kom nou eers reg. God se genade is so groot,” sê Alet Viljoen, stigterslid en organiseerder van dié projek.

Viljoen sê hoewel skenkings min is, is daar elke week nuwe hoop.

Klere, skoene, beddegoed, gordyne en nie-bederfbare kos soos blikkieskos, rys en pasta word benodig.

Viljoen sê toiletware, skoonmaakmiddels en lekkernye kan ook bygedra word.

“Met die hulp en genade van God en die hele Welkom-gemeenskap kan ek die werk met ’n glimlag en ’n tevredenheid in my gemoed doen. Al die lof en eer aan God,” sê sy.

Mense wat skenkings wil maak, kan Viljoen by 072-181-1991 bel.

You need to be Logged In to leave a comment.