Gerné van Rooyen, hoofmeisie: Die tyd het aangebreek vir dié gebeurtenis van die jaar. Jy word uitgenooi na Odensia se sportfees. Dit is ’n tyd vir lag, kuier, ondersteun, lekker eet en om te baljaar op die sportveld. Mag jy skree met trots, speel met ywer en weet die Here is jou rots. Vriende, familie, onderwysers, afrigters en deelnemers kom geniet die heerlike atmosfeer hier by Odensia. Ons sien vreeslik uit om jou hier by die Odensia-aandreeks van 2024 te sien.

Credit: SYSTEM