“Soos belowe, net minder as ’n maand gelede, maak ons die Woensdag klaar met die gevaarlike Phakisa-pad. Ons het al die slaggate met teer gevul. Dit was nie maklik nie, maar, aanhouer wen. En nou dans ek, Jan Jacobs, van verligting. As gewone inwoner het ek gedink dat ons dalk meer afgebyt het, as wat ons kan kou. Maar, die gemeenskap het saamgewerk en nou kan ek die nuus deel, die pad is veilig. Vrydag, sal ons op die R30 tussen Odendaalsrus en Welkom begin. Dit is die Welkom-begrafplaas pad,” sê Jacobs. Op 12 Julie het die Move One Million-span van Odendaalsrus begin om die Phakisa-pad reg te maak. Hulle het letterlik op die pad gestaan en donasies ingesamel en onderneem om die gevaarlike Phakisa-pad reg te maak, en reg te hou.Foto: Verskaf


  • Untitled post 265989
    Vista E-edition 10 July 2025